Ons Botha Storie

Ons Storie

17 Julie 2027

Hoofstuk een

Hoe ons ontmoet het

Ons het by die werk ontmoet, waar ’n eenvoudige kollegaskap met tyd in ’n besondere vriendskap verander het. Ons het saam gelag, herinneringe gemaak en mekaar leer ken — sonder om te besef dat daar iets mooier besig was om te groei.

Dit was egter tydens ’n strandvakansie saam met ons vriende waar iets verander het. Tussen die see, sonskyn, lag en al die klein oomblikke saam, het ons besef dat ons nie meer net vriende was nie. Ons harte het reeds vir mekaar gekies.

Van daardie oomblik af het ons storie ’n nuwe hoofstuk begin — een van liefde, geloof, respek en die keuse om elke dag saam die lewe aan te pak.

Hoofstuk twee

Ons eerste afspraak

Wat as vriendskap begin het, het stadig in iets besonders verander. Ons eerste date was die begin van baie meer saam — van lang geselsies en lag tot daardie gevoel dat ons net onsself rondom mekaar kon wees. Dit was die begin van ons storie as iets meer as net vriende. ❤️

Hoofstuk drie

Die verlowing

Ons vakansie het begin in Nederland, waar ons vir my sussie gaan kuier het. Van daar af het ons deur die pragtige strate van Italië gereis, nuwe plekke ontdek en saam herinneringe gemaak, voordat ons ons vakansie in Parys afgesluit het.

Op ’n stil oggend, hoog bo die stad op die Eiffeltoring, het Kevin op een knie gegaan en Mia gevra om vir altyd sy hand vas te hou.

Vir ’n oomblik het die wêreld om ons stilgestaan. Tussen die uitsig oor Parys en die besef van wat hierdie oomblik beteken, het alles net reg gevoel. Met ’n hart vol liefde en ’n groot, oorweldigende “ja” het ons verloof geraak.
Op een van die mooiste plekke in die wêreld het ons nie net ’n vakansie afgesluit nie, maar ’n nuwe hoofstuk van ons lewe saam begin.

Van daardie oomblik af was “eendag” nie meer net ’n droom nie… dit was ons. Ons storie. Ons vir altyd. ❤️